Jabneel – Rivier van Lewe

Ons het n passie vir mense en vir die regte ding doen. Ons diverse produkte en dienste, se doel is om ‘n gesonde groei aan te moedig in alledaagse mense.

Welkom by ons aanlyn platform, ons wil jou graag ontmoet in persoon, so se hello!

Services

We provide distribution of the following products:

My geloof uitdaging tans is om my nuwe website volstoom aan die gang te kry en die passie wat nou al vanaf 2005 in my hart brand en ingegraveer is uit te leef. Sonder om te leef soos ek myself gedoop het as: “Jesus se geheime agent”; maar om uit te kom en my vrese te oorwin en die wêreld in die oë te kan kyk sodat ons liefste Here se Koninkryk net soos in die hemel so ook op die aarde kan kom. Jabneel IS Dunamis is vir die inbid vir die visie en uitleef van Jabneel IS Dunamis. Die visie is om gesinne/families/kerke/skole/land ‘n impak te maak en te help bou in God se Koningkryk.

Cornelia Pieters

But I will restore you to health and heal your wounds,’ declares the LORD” ~ Jeremiah 30:17

Jabneel beteken bouer in God se Koninkryk en is ‘n Hebreeuse naam wat van Yavin kom en beteken gebore van God. Jabneel is ‘n bouer in God se koninkryk. Die draer van die naam is uit God gebore, is insigryk en is iemand wat verstaan en kan onderskei. Jabneel is ook ‘n rivier in die Bybel wat in die Jordaan ingeloop het en daarvan kan jy gaan lees in Josua 15:11 en Josua 19:33

Matt 5:16 ; Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Lukas 9:2 ; En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

IS staan vir ons is gewortel in die GROOT EK IS soos toe God met Moses gespreek het, het hy gesê: Ex_3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Hand_7:32 Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.

Dunamis KRAG ONTVANG. Die werkwoord is die griekse woord “lambano” , “om te ontvang/to receive.” Die nadruk is nie net op die ontvangs daarvan nie , maar op “in besit neming/eienaarskap” (taking ownership of) it.

Die woord vertaal met “KRAG” is die griekse woord “dunamis” waarvan die woord ” dinamiet” sowel as die woord “dinamo” afgelei is.

Griekse woord “Dunamis” – krag(force) ; miraculous power; vermoeë / ability, oorvloed /abundance, krag om wonderwerke te verrig, sterkte,

BEMAGTIGING DEUR Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand 1:4,5,8; Hand 11:15-16)

Dit is die Naam waarmee die Here my vrygestel het en geroep het en dit is die vaandel van Jehovah-Nissi waaronder ek beweeg en werk. Niks kan ooit uit onsself gebeur nie.

Blog

Explore the heart of Jabneel

No Results Found

The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.

Get In Touch

Call

084 945 1871

Email

jabneelisdunamis@gmail.com

Hours

Mon – Fri: 08:30 – 17:00